‘n gewese uitvoerende bestuurder by Transnet het geheime betalings ontvang van R26 miljoen

Die Valke se Spesiale Tribunaal het bevind dat Linyenga Msagala ‘n gewese uitvoerende bestuurder by Transnet geheime betalings ontvang het van 26 miljoen rand.  Hy het die betalings van IGS Consulting Engineering Services ontvang wie se enigste lid Sipho Sithole was. Verskeie kontrakte is tussen Januarie 2015 en Desember 2016 aan IGS toegeken. Dit het onder meer die bou van ‘n 715 kilometer pypleiding ingesluit om petroleum van Durban na Heidelberg in Gauteng te vervoer..  Die projek is deur Msagala bestuur wat in daardie stadium Transnet se groepshoof van kapitale projekte was. Regter Lebogang Modiba het bevind dat Msagala verskeie kontrakte aan IGS toegeken het. Linyenga Msagala is gelas om die geld terug te betaal.

Luister na potgooie hieronder