Suid-Afrikaanse boere sal na verwagting ses persent meer mielies in die 2022/2023-seisoen oes in vergelyking met die vorige seisoen. Dit is volgens die regering se Oesskattingskomitee. Die komitee sê die jongste somer-oesvoorspelling skat die 2023-oes sal 16 miljoen ton wees.