‘n Graad 10-leerling aan die Hoërskool Jim Fouche in Bloemfontein het aan sy beserings beswyk nadat hy vanoggend in ‘n motorfietsongeluk betrokke was

‘n Graad 10-leerling aan die Hoërskool Jim Fouche in Bloemfontein het aan sy beserings beswyk nadat hy vanoggend in ‘n motorfietsongeluk betrokke was.
Rosestad Nuus het op die skool se amptelike Facebook-blad bevestiging gekry dat WD Grobler vanoggend weens die ongeluk oorlede is.
Nooddiens-personeel het hom op die toneel probeer bybring, maar hy is glo oppad na die hospitaal oorlede.
Huldeblyke van ander ouers, leerlinge en oud-leerlinge het op die skool se amptelike blad vir die gesin ingestroom.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.

Luister na potgooie hieronder