Die Meisieskool Eunice is in rou gedompel nadat een van hul graad drie-leerlinge haar lewe in ‘n begraafplaas verloor het.

Sy het oor iets gestruikel tydens ‘n besoek aan haar oumagrootjie se graf, waarna ‘n grafsteen op haar geval en haar lewe geneem het.

Netwerk24 berig Langalethu Mogoda se naam beteken “lig”, en die negejarige meisie se leefwyse het dít weerspieël onder almal wat haar geken het. Ná die voorval by Suidpark-begraafplaas het haar ouers haar na die hospitaal gehaas, maar sy is daar dood verklaar.

Eunice hou Vrydag ‘n gedenkdiens vir Langalethu, waarna haar familie Sondag van haar sal afskeid neem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×