‘n Groep Afrikaner organisasies wat twee-miljoen Afrikaners verteenwoordig, wil ‘n kultuurverdrag met die regering sluit. Rapport berig die ondertekenaars van ‘n verslag wat more bekendgestel word, sluit verskeie organisasie binne die Solidariteit Beweging in soos Akademia, Afriforum en enkele ander soos die Afrikanerbond.

Die fasiliteerder van die inisiatief, Theuns Eloff, sê dit volg na gesprekke wat sedert 2021 met verskeie organisasies, netwerke en individue gevoer is oor die rol en plek van Afrikaners en die toekoms. Die ondertekenaars sê in ‘n nuusverklaring die regering het oor die afgelope jaar meer afsydig en vyandig teenoor Suid-Afrikaners geraak.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×