ʼn Werknemer van Harmony se Tshepong North-myn naby Odendaalsrus in die Vrystaat is Maandag dood tydens ʼn grondstorting.

Maroela Media het berig Peter Steenkamp, uitvoerende hoof van Harmony, het gesê hulle betreur die lewensverlies gedurende ʼn periode waartydens alle pogings aangewend word om seker te maak dat hulle myne veilig is.

Hulle betuig hul innige meegevoel met die familie, vriende en kollegas van die oorledene.

Die betrokke owerhede en familielede van die mynwerker is in kennis gestel van die voorval.

Die maatskappy het ʼn omvattende interne ondersoek van stapel gestuur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×