Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) se teenkorrupsie-eenheid en die Valke het ‘n groot voertuiglisensie-bedrogspul in Suid-Afrika ontbloot. Honderde voertuie se lisensieskywe is op bedrieglike wyse geproduseer om betaling van lisensiegelde en boetes te vermy. Die RTMC skat dat ongeveer R60-miljoen se inkomste verlore gegaan het as gevolg van die beweerde onwettige aktiwiteite. Die RTMC sê hulle is daartoe verbind om bedrog en korrupsie te stop en doen ‘n beroep op lede van die publiek om alle vermoedens van wangedrag, omkopery, bedrog en korrupsie aan te meld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×