‘n Agt-jarige meisietjie van Bloemspruit word sedert gister vermis. Mpho Kapotsa – ook bekend as Bokamoso – se ma het haar die laaste keer gesien toe sy gister skool toe is.
Luidens gerugte is sy wel later gister gesien, toe sy vermoedelik van die skool af huis toe gestap het. Mpho het egter nooit by die huis opgedaag nie.
Die graad 2-leerling, wat in die Khayelisha informele nedersetting bly, het kort hare, en is laas gesien met ‘n vlootblou-sweetpak en ‘n hemelblou hemp. Enigiemand met inligting wat kan help om haar op te spoor, word gevra om dringend met die polisiediens in verbinding te tree.