‘n Gyselaarsdrama wat vir ure lank in die Nederlandse dorp, Ede, plaasgevind het, het ure later tot ‘n einde gekom toe die gyselaars bevry is. AFP berig die polisie het gistermiddag ‘n verdagte in hegtenis geneem nadat hy homself oorgegee het.

Die owerhede het gister gesê geen terroriste-motiewe word ondersoek nie. Die man het glo in die vroeë oggendure by ‘n kuierplek ingebars, dreigemente gemaak en vier mense as gyselaars aangehou. ‘n Groot polisieteenwoordigheid was voor die kuierplek sigbaar en verskeie huise is in die omgewing ontruim. 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×