Vir Oscar Pistorius, die eerstydse lemnaeler wat 11-jaar gelede sy meisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsaand doodgeskiet het, gaan vanaand baie hartseer wees. Vanjaar sal sy eerste Valentynsdag buite die tronk wees sedert die voorval wat in 2013 sy lewe onherroeplik verander het.

’n Bron na aan die familie het aan Netwerk 24 gesê Oscar gaan vannag baie huil. Pistorius is glo baie maerder en baie beswaard sedert hy op 5 Januarie op parool vrygelaat is. Die bron het gesê dit raak nie makliker vir hom nie, veral nie die tyd van die jaar nie.

Pistorius is sedert sy parool nog nie in die openbaar gesien nie. Dit gaan glo goed met hom en hy lees graag. Hy vra ook uit oor wêreldgebeure wat tydens sy tronkstraf gebeur het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×