Die Bloemfontein Landdroshof het ‘n 37-jarige ma van Heidedal in Bloemfontein tot vyf jaar gevangenisstraf vir kindermishandeling gevonnis.

Die 9-jarige slagoffer se onderwyser het vroeër die jaar skrape en ‘n merk op die kind se gesig opgemerk. Die kind het eers gesê dat dit ‘n hond was, maar nadat die ma na die skool ontbied is, is daar vasgestel die ma het die beserings veroorsaak.

Die onderwyser het die saak by die polisie aangemeld en die ma is in hegtenis geneem. Die saak is deur die Mangaung se Afdeling vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe ondersoek. Hulle het ook saam met die staatsaanklaer gewerk om te verseker geregtigheid vir die jong slagoffer geskied.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×