‘n Replika van Tierpoort, die destydse Riversford, se agthoekige blokhuise word binnekort by die oorlogmuseum in Bloemfontein opgerig.

Netwerk24 berig die oorlogmuseum se kurator, Tokkie Pretorius, sê toe hy die oorspronklike blokhuis wat uit die Anglo-Boereoorlog dateer sien, het hy besef dat ‘n voorbeeld van die unieke strukture op die museum se perseel tuishoort.

Afmetings is in November geneem en tekenaar Hennie van Zyl is aangestel om die planne op te trek.

Die planne sal gebruik word om die drie-verdieping-blokhuis by die trein en stasie naby die Rice-blokhuis op te rig.

Die Tierpoort-blokhuis is in 1999, net voor die 100-jaar herdenking an die Anglo-Boereoorlog, deur wyle prof. Stef Potgieter en vriende van die museum gerestoureer, maar die konstruksie het intussen weer erg verweer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×