‘n Appélhof in Washington DC het beslis dat die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, nie presidensiële vrywaring het nie, en kan verhoor word op aanklagte dat hy saamgesweer het om die 2020-verkiesing se uitslag om te keer.
Trump het aangevoer dat hy nie strafregtelik aangekla kan word vir optrede wat volgens hom binne sy pligte as president geskied het nie.
Die hof het egter sy argument verwerp. Trump sal na verwagting teen die uitspraak appelleer.