BirdLife Suid-Afrika en SANCCOB het ‘n geskiedkundige oorwinning vir die kritiek bedreigde Afrika-pikkewynne verseker.
Dit toe die Pretoriase Hooggeregshof, na ‘n skikkingsooreennkoms, ‘n hofbevel uitgereik het.
Die bevel maak voorsiening vir die afbakening van geen-neem-sones vir die kommersiële sardien- en ansjovisvissery rondom ses Afrika-pikkewyn sleutelkolonies.
Die bevel bepaal ook dat die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing twee weke sal hê om te verseker dat hierdie sluitings geïmplementeer word.
Luidens ‘n mediaverklaring het die Afrika-pikkewynbevolking die afgelope dekades skerp gedaal en, sonder ingryping, word voorspel dat hulle so vroeg as 2035 sal uitsterf.