Die erfbelastinggeskil tussen die Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM) en die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) het reeds meer as R20 miljoen aan regskostes beloop – en duur steeds voort.
Netwerk24 berig die geskil duur reeds ses jaar lank en die MMM-burgemeester, Gregory Nthatisi, het in ’n raadsvergadering verneem die munisipaliteit wil die saak na die hoogste hof neem.
Die prokureur vir SUT, Bruce Blair, verduidelik die saak gaan oor SUT se erfbelasting, wat volgens saketariewe bereken word, terwyl hulle ’n universiteit is en nie ’n sakeonderneming nie.
Die saak was al in die Bloemfonteinse Hooggeregshof voordat dit verskeie kere in die Appèlhof voorgekom het. MMM bly glo die sake verloor en weier opposisiepartye se voorstelle vir mediëring.