‘n Hofoorwinning vir ‘n bekende afgetrede viroloog nadat hy sy aftree-geld verloor

‘n Bekende afgetrede Bloemfonteinse viroloog, dr. Chris Jansen van Rensburg, se aansoek om die voorlopige sekwestrasie van ‘n duiweboer, wat hom met R20-miljoen ingeloop het, het in die hooggeregshof in Johannesburg geslaag.

Netwerk 24 berig dat die aansoek luidens hofstukke, ‘n poging was van Jansen van Rensburg, om die R19,2-miljoen, wat hy aan Kitchenbrand oorbetaal het om in eiendom te belê, terug te kry.

Volgens Jansen van Rensburg het hy die bykans R20-miljoen in 2018 by Kitchenbrand belê, met die ooreenkoms dat Kitchenbrand maandeliks R180 000 as beleggingsrente aan hom sou oorbetaal.

Die betalings het egter spoedig opgehou.

Die hof het Kitchenbrand se verklaring oor die saak nie aanvaar nie.

Luister na potgooie hieronder