ʼn Hofuitspraak kan hoër elektrisiteitstariewe tot gevolg hê

 ʼn Hofuitspraak kan hoër elektrisiteitstariewe tot gevolg hê

Eskom het die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg se uitspraak verwelkom wat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika se besluit om ‘n aandele-inspuiting van R69-miljard uit die kragreus se toelaatbare inkomste vir die huidige tydperk van drie jaar af te trek, tersyde gestel het.

Die hof het beslis dat die volle bedrag weer op Eskom se toelaatbare inkomste aangedui moet word, wat beteken dat hoër tariewe ‘n moontlikheid kan wees.

Die finansiële hoof, Calib Cassim, sê die uitspraak sal Eskom help om die weg na finansiële volhoubaarheid te baan.

LeandreAdmin@