‘n Bloemfonteinse uroloog het die eerste Holmium laser Enukleasie van die prostaat, of HoLEP, by die Life Rosepark hospitaal uitgevoer.
Dit is die eerste keer dat so ‘n prosedure in die Vrystaat gedoen word waar ‘n laser gebruik word om die binne weefsel van die prostaat te verwyder asook blaasobstruksie te verlig.
Volgens ‘n verklaring van Life Rosepark hospitaal, is die prosedure deur Dr. Wikus Fourie gedoen.
Deur die nuwe tegnologie te gebruik, word meer weefsel verwyder met minder bloedverlies.
Dit word endoskopies gedoen sonder ‘n chirurgiese snit/snyding.