‘n Reuse huisbrand in die Generaal de Wet-woonbuurt in Bloemfontein, is teen ongeveer tienuur gistraand onder beheer gebring. Die dubbelverdiepinghuis en ‘n lapa is erg in die verwoestende brand beskadig.

Deur die brandweer se blitsige optrede, kon gedeeltes van die huis gered word. Hoewel die brand reuse skade aangerig het, is die huis nie tot op die grond afgebrand, soos genoem word in sekere plasings op sosialemedia nie. Lede van die polisediens, en verskeie private sekuriteitsmaatskappye, het ook hulp op die toneel verleen. Sover bekend is niemand beseer nie. Die oorsaak van die brand word ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×