Ruth Lawrence, ʼn Ierse burger, wie in Oktober verlede jaar in Bloemfontein in hegtenis geneem is, op aanklag van ‘n dubbele moord in haar Vaderland, is gister in Pretoria aan Ierse wetstoepassers oorhandig.

Sy het reeds gisteraand ‘n vlug na Ierland gehaal, waar sy op die moordaanklagte tereg sal staan.

Rosestad-nuus het vroeër berig Lawrence en haar destydse vriend, Neville van der Westhuizen, word saam van die moorde verdink.

Die moorde is in 2014 gepleeg, en ‘n jarelange en wêreldwye soektog het tot Lawrence se inhegtenisneming gelei.

Van der Westhuizen, ‘n Suid-Afrikaner, is tans in Durban agter tralies nadat hy aan moord in KwaZulu-Natal skuldig bevind is.

Hy sal later aan Ierland uitgelwer word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×