’n Ierse toeris is gistermiddag in Kaapstad dood toe twee tandem-valskermsweeftuie teen mekaar gebots het.

Netwerk24 berig Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, het gesê die twee tuie het in die lugruim bo die promenade verstrengel geraak.

Een het veilig geland, en albei die mense is ongedeerd.

Volgens Lambinon het die vlieënier van die tweede tandem-valskermsweeftuig matige beserings opgedoen.

Die passasier, ’n 58-jarige Ierse man, is op die rotse gevind.

Na vele pogings om hom by te bring, is hy deur paramedici op die toneel dood verklaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×