Forensiese deskundiges was vandag besig met ‘n ondersoek by die kantore van die direkteur van openbare vervolgings, of DOV, in Bloemfontein nadat daar die naweek ingebreek is. Aliwalstraat was afgesper vir verkeer terwyl forensiese ondersoekers in wit oorpakke besig was, berig Netwerk 24. Die polisiewoordvoerder vir die Vrystaat, Kaptein Loraine Earl, het gesê sy wag nog vir ‘n verslag van die ondersoekers om meer inligting bekend te maak. Dit blyk asof die inbrekers die kantore op die derde en vierde vloere geteiken het. Die derde vloer is waar die kantore van adv Navilla Somaru, die DOV, en haar adjunk-direkteur, Sandile Mthethwa is.