‘n Inwoner van Brandfort in die Vrystaat is woedend omdat hy en sy gesin se huurhuis daagliks deur rioolvuil oorstroom word.

Netwerk24 berig rioolvuil uit die dorp se hoofpypleiding stoot in huise in Buitekantstraat, wat laer as die res van die dorp geleë is, op.

Die inwoner van die huurhuis, waar hy, sy vrou, twee tieners en hulle jaar oue baba woon, het gesê die omstandighede is uiters onaangenaam en dat mens nie eens lus het om te eet nie.

Die eienaar van die huurhuis het gesê sy is raadop, omdat die probleem nie opgelos word nie.

Die munisipaliteit het blykbaar in ‘n stadium voorgestel dat hulle ‘n sloot grawe sodat die rioolvuil in die Keeromspruit kan uitloop.

Sy het egter aan hulle gesê dat dit onwettig is.

Munisipale werkers het gister weer beloof om die probleem op te los, maar teen gistermiddag het niemand nog by die huis opgedaag nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×