‘n Johannesburgse metropolisiebeampte is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal ná hy gisteraand glo aangeval is by ‘n partytjie in Protea Glen, Soweto

‘n Johannesburgse metropolisiebeampte is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal ná hy gisteraand glo aangeval is by ‘n partytjie in Protea Glen, Soweto.
Die metropolisie se woordvoerder, Wayne Minnaar, sê vier beamptes het gereageer op ‘n klagte waar ‘n groep van meer as 200 mense na bewering gekuier het.
Hy sê hulle het die mense gevra om huis toe te gaan, en is aangeval toe hulle beslag gelê het op drank. Minnaar sê twee mans is in hegtenis geneem.

Luister na potgooie hieronder