Volgens die Vrystaatse Provinsiale Regering het hulle besluit om in ‘n jong Vrystaatse-sakeman te belê, ongelooflike resultate opgelewer.
Thapelo Photolo, van Phuthaditjhaba, QwaQwa, het by die die Nasionale Presidensiële Mikro-, Klein- en Medium Ondernemings, en Koöperasies-toekennings met die beste besigheidsontwikkeling of diensverskaffer van die jaar-toekennig weg gestap.
Hy het die beoordelaars met sy voorlegging wat, sodra dit ontwikkel is hopelik lewens in die land sal red, beïndruk.
Volgens Photolo spruit sy navorsing uit die onnodige vertragings wanneer pasiënte by die hospitaal aankom. Sy projek beoog om pasiënt se kwale te identifiseer, voor hulle by dokters aanklop, sodat die dokters dadelik sal weet hoe om die kwale te behandel. Volgens Photolo is dit net ‘n kwessie van tyd voordat sy impak regoor die land gevoel sal word.