‘n Jongman van Petrusville in die Noord-Kaap is in verband met die moord op sy voormalige meisie se 3-jarige seuntjie aangekeer. Netwerk24 berig voorts die kindjie se lyk is met verskeie steekwonde gekry in sy blyplek in New Extension, waar die 23-jarige verdagte onder die bed gevind is. Hy word daarvan verdink dat hy die kind doodgesteek het. Volgens die polisie het die voorval laat Maandagoggend gebeur. Kaptein Olebogeng Tawana, ‘n polisiewoordvoerder, het gesê die man en sy eksmeisie het na bewering vroeër die dag baklei. Die verdagte is in hegtenis geneem en van moord aangekla.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×