Lukas Swart van die Intelligence Support Services, het gesê hy stem nie saam met die navorsing deur prof Rudolph Zinn wat met plaasaanvallers onderhoude in die tronk gevoer het nie. Zinn voer aan dat geld hul grootste motief vir plaasaanvalle-en moorde is. Swart het gesê plase word deur bendes geteiken. Daar is al sowat 12-duisend bendelede in Suid-Afrika. Swart doen reeds die afgelope 30-jaar navorsing oor plaasmoorde-en aanvalle en doen opleiding om plaasaanvalle te voorkom. Swart het gesê die misdadigers is uiters bekwaam en sal ‘n plaas vir maande dophou. Hy het gesê roof vorm deel van plaasaanvalle maar die radikale elemente wil boere van hul plase verdryf. Daarom is die moorde so wreed. Swart meen die bendelede wil landbou in Suid-Afrika breek. Swart het gesê die plaasaanvallers en organiseerders kan tussen R12000 tot R200 000 per maand verdien want hulle hoofbron van inkomste is prostitusie, mense-handel en dwelm-smokkelary.