Die Johannesburgse kinderpornografiebeskuldigde, Darren Wilken, het om regshulp aansoek gedoen.

Dit volg volgens Eyewitness News ná Wilken en sy meisie, Tiona Moodley, Maandag vlugtig in die Randburg-landdroshof verskyn het.

BDK Prokureurs, wat Wilken voorheen verteenwoordig het, sê hulle het opdrag gekry het om hul mandaat te beëindig.

Die twee beskuldigdes word daarvan aangekla dat hulle ‘n wêreldwye kinderpornografienetwerk bedryf het, waardeer hul glo miljoene rande verdien het.

Rosestad-nuus het vroeër berig dat die twee ook op aanklagte van geldwassery, bedrog, oortreding van die Wet op Dwelmhandel, die verkryging en die besit van gesteelde eiendom tereg staan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×