‘n Klag van bedrog is by die polisie aanhangig gemaak oor gruis wat glo gesteel word en geel vlootvoertuie van die Mangaung-metro in Bloemfontein wat gebruik word om private werk te doen. Netwerk24 berig DA-raadslid, Dave McKay sê hy het dié misbruik van munisipale hulpbronne self gesien toe hy op Maandag 25 April na Ferreira-weg en Krugerlaan ontbied is. Munisipale vragmotors het glo munisipaal-verkrygde gruis by ‘n private eiendom afgelaai, waar dit gelyk gemaak is met ‘n munisipale gradeerder – dit alles glo deur munisipale personeel en voertuie wat aan die metro behoort. McKay het ‘n klag by die polisie ingedien en vra ook dat die nuwe ingrypingspan van die metro die aangeleentheid intern ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×