‘n Vierjarige is per helikopter na Johannesburg gehaas na ‘n verdrinkingsvoorval by ‘n swemskool in Paryslaan, Potchefstroom.
Die Potchefstroom Herald berig verder dat mediese personeel met hulle aankoms Dinsdag by die toneel dadelik met resussitasie prosedures begin het.
Na die terugkeer van spontane sirkulasie bereik is, is die kind is na ‘n geskikte landingsarea by Bailie Park Laerskool geskuif waar hy is in ‘n stabiele maar kritieke toestand na Johannesburg geneem is.
Die kleuterskool, Silvia’s Ark, waarin die kleuter is, het ‘n in ‘n verklaring gesê dat die ongeluk tydens ‘n swemles by ‘n swemskool plaasgevind het.