‘n Hoërskool in Klerksdorp is waar die polisie op pangas en messe, en nog ander wapens beslag gelê het.
Benewens die gevaarlike wapens, het die Noordwes-polisie met gister se klopjag ook alkohol en dagga in die besit van sekere leerlinge gevind.
Die polisiediens vat hande met die provinsiale onderwysdepartement, om misdaad en bendebedrywigheid in die streek hok te slaan.