Politieke kenners is dit eens dat KwaZulu-Natal na die verkiesing deur ‘n koalisie regeer sal word. Prof Theo Neethling, politieke kenner aan die Universiteit Vrystaat, sê dit is nog nie seker watter partye die leiding gaan neem nie, maar die DA en IVP sal beslis hande vat.
Neethling sê daar is groot mededinging tussen die ANC en die MP-party en sal nie ‘n koalisie vorm nie, juis omdat die ANC meen udpres Jacob Zuma het verraad gepleeg. Volgens ‘n jongste peiling van die eNCA en MarkData, loop die MK-party voor in die provinsie met die steun van 46,5% kiesers.