‘n Nuwe opname toon dat die waarskynlikheid groter as ooit is dat Suid-Afrika ná die komende algemene verkiesing ‘n koalisieregering gaan hê.
Luidens die SAUK het die opname deur die Brenthurst-stigting bevind dat daar merkbare belangstelling is in die Veelparty-koalisie bestaande uit die DA, IVP, Action SA, Vryheidsfront Plus en die United Independent Movement.
Die opname, wat deur middel van breedvoerige onderhoude gedoen is, toon ook ‘n afname van 48% tot 42% in president Cyril Ramaphosa se gewildheid onder Suid-Afrikaners.