‘n Konsortium media-instansies regdeur die wêreld het in samewerking met Amnestie Nasionaal die Pegasus Projek geloods

‘n Konsortium media-instansies regdeur die wêreld het ná ‘n omvattende ondersoek in samewerking met Amnestie Nasionaal die Pegasus Projek geloods – oor die moontlikheid dat daar gespioeneer word op 14 staatshoofde en regerings insluitende President Cyril Ramaphosa.

Volgens Amnestie Internasionaal teiken die Pegasus-sagteware vermoedelik mense van belang.

Die sagteware, word deur ‘n Israelse maatskappy – die NSO Groep – aan regerings verkoop.

Luidens berigte verskyn President Ramaphosa, saam met ander, se selfoonnommer op ‘n lys met 50 000 nommers.

Die ander leiers is die huidige presidente van Frankryk en Irak, die eerste ministers van Pakistan, Egipte en Marokko, asook sewe voormalige eerste ministers.

Menseregte-aktiviste en joernaliste is ook op die lys.

Luister na potgooie hieronder