’n Kontantbeloning van tot R100 000 word aangebied vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en die suksesvolle vervolging van twee moordverdagtes.

Die twee verdagtes, 29-jarige Siyabonga Kholakele en 32-jarige Yanele Mangweni, het na bewering verlede week ‘n 64-jarige vrou van Kraaifontein in die Wes-Kaap na haar huis gevolg en haar vermoor, nadat hulle voorgegee het om vleis by haar te wil koop.

Die verdagtes het daarna te voet van die toneel gevlug en ontduik sedertdien die polisie.

Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om Crime Stop by 08600 10111 of via die MySAPS App-selfoontoepassing te kontak.

Yanele Mangweni (32). FOTO: SAPD
Siyabonga Kholakele (29). FOTO: SAPD
error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×