Die Tesourie het bevind dat Mafube-munisipaliteit nie waarde vir hul geld uit ’n ooreenkoms met Rural Maintenance kry nie.
Maroela Media berig dat Rural Maintenance sedert 2011 die munisipaliteit se kragbesigheid oorgeneem het in ruil vir ’n persentasie van die inkomste.
Die Tesourie het aanbeveel dat die spesifieke ooreenkoms hersien of beëindig word as deel van hul regrukplan.
Terwyl ’n hofsaak in die hooggeregshof nog moet bepaal of die regrukplan geïmplementeer word, veg die maatskappy om sy kontrak te behou.
Onder vele ander dienste het die maatskappy blykbaar die distrik se elektrisiteitskapasiteit aansienlik verhoog.
Die woordvoerder van die Mafube Sakeforum sê dit sal glo ’n ramp wees as Rural Maintenance se kontrak beëindig word, want die gemeenskap baat by ’n moderne elektriese infrastruktuur en hul tariewe is van die laagste in die land.