’n Kontrakteur wat by Camden-kragstasie in Mpumalanga werk, is gister in hegtenis geneem nadat hy positief met ’n voorval van sabotasie verbind is. Die kontrakteur het erken dat hy verlede week Donderdag opsetlik skade by die kragstasie aangerig het. Die werker was in diens van ‘n instandhoudingsmaatskappy wat by die kragstasie werk. Hy sê sy werkgewer is bykomende instandhouding en herstelwerk by die kragstasie belowe indien hy die sabotasie sou uitvoer.