‘n Olike korrektiewe dienste-werknemer is skynbaar die rede vir dié departement se versuim om Oscar Pistorius se aansoek vir direkte toegang tot die konstitusionele hof, betyds teen te staan.

Daar is die naweek berig nie ‘n enkele respondent het teen 15 September opponerende eedverklarings ingedien, soos deur die konstitusionele hof
gelas is nie.

Pistorius het in Augustus ‘n aansoek by die konstitusionele hof ingedien waarin hy aanvoer hy kom reeds vir parool in aanmerking, maar word nie toegelaat om daarvoor aansoek te doen nie.

‘n Korrektiewe dienste-woordvoerder het vandag aan Netwerk24 gesê die amptenaar wat Pistorius se aansoek moes hanteer, was na bewering siek.

Pistorius het tereggestaan vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, op 14 Februarie 2013.

Sy was agter ‘n toe deur in Pistorius se landgoed-huis toe sy doodgeskiet is. Pistorius hou vol dat hy gedink het hy skiet na ‘n inbreker.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×