Alhoewel die frustrerende watermeterkwessie met foutiewe koopbewyse in die proses is om opgelos te word, sal dele van Bloemfontein wat die week geheel en al sonder water was, geleidelik herstel word.

Mangaung Metro Munisipaliteit deel in ’n mediaverklaring dat al die reën bygedra het tot baie sediment en troebelheid in die water by die Welbedachtdam, maar dit is stadig besig om te stabiliseer en onder beheer te kom.

Tesame met die watergehaltekwessie het Bloemfontein se waterdiensverskaffer ’n kragonderbreking by die waterbehandelingsaanleg ervaar, wat groot gebiede in Mangaung beïnvloed het.

Dit het daartoe gelei dat Vaal Sentrale Water die aftappingspunte gesluit het om die hooflyn na Bloemfontein te beskerm.

Kragtoevoer is intussen herstel, en bedrywighede is by die Welbedacht-waterbehandelingsaanleg hervat

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×