Of ‘n kragonderbreking die dood van ‘n pasiënt veroorsaak het, word nou deur die Vrystaatse gesondheidsdepartement ondersoek. Premier MaQueen Letsoha-Mathae sê die regering is ‘n verduideliking verskuldig aan die naasbestaandes van die 58-jarige man wat vandeesweek in ‘n QwaQwa-hospitaal gesterf het.
Terwyl nadere besonderhede nie beskikbaar is nie, kom dit voor of die familie regstappe oorweeg, aan die hand van ‘n voorlopige verslag. Die premier sê die ondersoek sal bepaal of die kragonderbreking die oorsaak van sy dood is.