Passasiers is gisteraand by Kaapstad Internasionale Lughawe gestrand nadat ‘n kragonderbreking aanloopbaanligte buite werking gestel het. Die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika het ongeveer halftien gistraand op X bevestig geen vlugte kon hier opstyg of land nie.
Inkomende vlugte is na ander lughawens van die Acsa-netwerk herlei. Acsa het net ná middernag in ‘n verklaring gesê sekere vlugte van United Airlines, Delta Airlines en die Suid-Afrikaanse Lugdiens kon opstyg nadat die probleem gedeeltelik opgelos is.