Die polisie in die Vrystaat het ʼn 40-jarige verdagte vir die besit van dwelms in Kroonstad in hegtenis geneem.
Newskoop berig beamptes het inligting ontvang oor ʼn man in besit van dwelms by een van die woonstelle rondom Kroonstad.
Die lede het die inligting opgevolg en daarin geslaag om die verdagte in hegtenis te neem.
Die polisie het gekristalliseerde metamfetamien, CAT en kokaïen gevind met ʼn geraamde straatwaarde van 30-duisend rand.
Die dwelms is gekonfiskeer en die verdagte is in hegtenis geneem.
Die verdagte sal binnekort in die Kroonstad-landdroshof op aanklag van die besit van dwelms verskyn.