‘n “Kunshart” sal van Vrydag af lewensnoodsaaklike ondersteuning aan Rossouw Botes van die Mangaung-metro bied.

Netwerk24 berig die 65-jarige Botes, ‘n Bloemfonteinse waterkenner, se harttoestand is van so aard dat daar nie meer langer met die operasie gewag kan word nie.

Botes het verduidelik die kunshart sal sy eie ondersteun, en dat sy hart nie verwyder gaan word nie.

Met behulp van hierdie tegnologie word ‘n toestel, wat met batterye werk, ingespan om die hart te laat pomp.

Die pasiënt bly aan ‘n draagbare rekenaartoestel gekoppel.

Dié seldsame operasie word reeds sedert 2009 in Suid-Afrika uitgevoer.

Botes is onder die sorg van die kardiotoraks-chirurg, dokter Willie Koen.

Die operasie word in Kaapstad gedoen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×