‘n Laer temperatuur verstelling op Suid-Afrika se sewe miljoen geisers kan reuse druk op Eskom verlig en kragverbruik met byna 1 MW – gelykstaande aan een fase beurtkrag – verminder. Dit volgens ‘n gevallestudie wat onlangs deur Senior Networks gedoen is om die uitwerking van geisertemperatuur vermindering-strategieë te bepaal. Die uitkoms van die studie was, sou elke geiser in die land met 10 grade Celsius verlaag word, die las op Eskom met meer as 900-duisend kWh per uur kan verminder, aldus Maroela Media. Volgens Senior Networks is die gemiddelde temperatuur van ‘n geiser onderveer 60 grade Celsius. ‘n Aansienlike mate van elektrisiteitsbesparing word op 50 grade Celsius waargeneem, lui die verslag. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×