Die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) het ’n landwye inisiatief geloods om eisers met onopgeëiste fondse te bereik.
Volgens Vuyo Lee, die JSE se direkteur van bemarking en korporatiewe sake, is daar R4,5-miljard in onopgeëiste dividende en aandele.
Lee het aan eNCA gesê dat hierdie probleem ontstaan wanneer aandeelhouers hul bankbesonderhede opdateer sonder om die register in te lig en nie kennis het oor dividende, bestorwe boedels of veranderinge in kontakinligting nie.
Sy het ‘n beroep op eisers gedoen om die JSE se webwerf vir meer inligting te besoek.