‘n Lang ry minibus-taxi’s, vermoedelik van Welkom en Odendaalsrus, het vanoggend die westelike ingang van die N1 by Nelson Mandelaweg binnegery en stadig na die OR Tambo-gebou beweeg.

Die polisie het saam met die konfooi beweeg.

Die taxi-eienaars is glo op pad om ‘n memorandum aan die Vrystaatse regering te oorhandig.

‘n Taxi-bestuurder het aan Rosestad Nuus gesê die taxi- eienaars is glo ongelukkig met sekere ANC politici wat nie hulle werk doen nie.

Ander klagtes het betrekking op swak dienslewering in hul woongebiede asook munisipale werkers wat nie betaal word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×