‘n 14-jarige leerling van die Riebeeckstad Hoërskool wat ernstige kopbeserings in die busongeluk tussen Senekal en Ventersburg opgedoen het, is na die Pelonomi hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas. Die woordvoerder van die department van Gesondheid in die Vrystaat, Mondli Mvambi, het in ‘n verklaring gesê die leerling was kort na die ongeluk in Itemoheng hospitaal in Senekal opgeneem en na die Dihlabeng streekshospitaal oorgeplaas. Sy is tans in die Pelonomi hospitaal opgeneem vir neuro-chirurgie.

Mvambi het gesê ten spyte van haar ernstige kopbeserings toon die pasiënt goeie vordering en kon haar familielede herken. ‘n Ander 14-jarige leerling met gesigsbeserings is steeds in die Dihlabeng streekshospitaal en het volgende week ‘n afspraak by plastiese chirurgie. Mvambi het gesê nog drie leerlinge word in die Bongani hospitaal behandel wat ernstige kopbeserings opgedoen het. Een van die drie leerlinge het reeds ‘n operasie ondergaan en is onder sterk verdowing. Die leerling wat by ‘n  MediClinic behandel word, toon ook goeie vordering.    

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×