‘n Leerling van Martie du Plessis skool in Bloemfontein, het gister n rekenaar terwaarde van R 42 000.00 van n skool in Krugersdorp ontvang.
Die 14-jarige leerder, Jay Bee Farmer se lewe het drasties verander toe hy in 2021 in n motorongeluk ernstig beseer is.
Hy is n kwadrupleeg weens sy rug en nekbeserings.
Met hierdie rekenaar kan hy nou sy skoolwerk met gemak aanpak. Rosestad 100.6fm se Johan Gunter was gister by Martie du Plessis skool betrokke by die oorhandiging van hierdie rekenaar deur die skoolhoof en sporthoof van Kenmare laerskool in Krugersdorp.
Vir die volledige verhaal, gaan kyk gerus na die video wat op Rosestad se faceboek blad geplaas is.