‘n Lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee sê die opsystaan-klousule van die ANC geld nie slegs vir die sekretaris-generaal, Ace Magashule, nie

 ‘n Lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee sê die opsystaan-klousule van die ANC geld nie slegs vir die sekretaris-generaal, Ace Magashule, nie

‘n Lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Dakota Legoete het gewaarsku dat die indruk nie geskep moet word dat die opsystaan-klousule van die ANC slegs na die sekretaris-generaal, Ace Magashule verwys nie.

Hy sê die ANC het tydens die party se vorige verkiesingskonferensie ooreengekom dat lede wat van korrupsie aangekla word opsy moet staan, en dié besluit word nou in werking gestel.

Legoete sê die ANC se senior amptenare is besig om ‘n lys saam te stel van al die party-lede wat veronderstel is om opsy te staan weens hulle beweerde betrokkenheid by korrupsie.

LeandreAdmin@