‘n Lid van die Mangaung-metro verskyn in die hof vir beweerde aanranding

‘n ANC-lid van die Mangaung-metro, Patrick Monyakoane, het gister vir die tweede dag in die hof in ThabaNchu op aanklag van aanranding verskyn.

Volgens Netwerk 24 volg dit na ‘n bewering dat hy ‘n vroulike ANC-werker, Nkahiseng Sefume, in 2012 aangerand het.

Sefume is intussen as ‘n EFF-raadslid in die Mangaung-metro aangestel.

Baba Sebolao, ook ‘n EFF-raadslid, het bevestig dat die saak Dinsdag weer aangehoor is, en dat Sefume inderdaad by die EFF aangesluit het.

Hy het ook gesê dit is onseker waarom die saak so lank gesloer het om voor te kom.

Die saak is tot middel-September uitgestel.

Luister na potgooie hieronder